BAD SANTA

Nog ‘n fliek waarvoor julle BAIE versigtig moet wees, is BAD SANTA. Nee, ma, dis nie ‘n fliek oor ‘n ondeunde kersvader vir jou kinders nie. Dit gaan oor ‘n alkoholis, don juan-dief wat sy lyf kersvader hou om geld te maak. Intussen haat hy kinders, en sien kersfees as ‘n tyd om te steel. Die pikkies op sy skoot kap skoon om van sy drankasem. As dit jou nie afsit van BAD SANTA nie, sal niks.

Tog: die fliek besin oor mense wat kersfees misbruik vir kommersiële gewin. Liefhebbers van donker,swart komedies sal gil van die lag. Maar as jy net skoon kersvermaak soek, bly so ver van BAD SANTA af soos kersvader van ‘n toegepakte skoorsteen. Dit mag jou gruwelik aanstoot gee. Niemand onder 10, dit kry 5 uit 10.