BASIC INSTINCT 2: RISK ADDICTION

In 1992 het sy die eeu byna ‘n vroegtydige draai gegee deur haar bene te ontkruis in BASIC INSTINCT. Die dolla met die meeste, Sharon Stone, het nog nie haar les geleer nie. En as jy na die plakaat van BASIC INSTINCT 2: RISK ADDICTION kyk, sit sy weer uitlokkend en been wys. Die vraag is, hoe ver gaan sy dié keer? Wag en sien. Maar hier’s ‘n leidraad. Jy sien nie meer as wat jy tevore gesien het nie. Nou sê jy seker: maar ek het tevore alles gesien. Wel, Sharon is nie skaam om uit te haal en te wys nie en sy laat selfs die stoom sweet wanneer sy op haar basiese instinkte reageer…

Mens gaan kyk BASIC INSTINCT 2 nét vir die oog-lekkergoed. Die storie is die ene seks en naaktheid. As jou tante Koba kom kuier en sê: “Suster, ek wil biooskoop toe gaan,” hou VERBY Basic Instinct 2. Maar as jy ‘n warmbloedige bul is wat voel dat daar nog genoeg lood in jou potlood is, vergeet die resensente se gesnater oor BASIC INSTINCT 2 en gaan verlustig jou in Hollywood se sexieste bene en hees stem waarmee Sharon selfs Brokeback Mountain se ouens sal verlei. BASIC INSTINCT 2: RISK ADDICTION net vir ouens wat wil warm word en manne wat hou van ‘n vrou wat haar slag kan slaan met die skop van ‘n been.