BE COOL

Ek is dalk die enigste ou suur resensent wat nie van BE COOL gehou het nie. Dis die lamlendige vervolg op John Travolta se treffer: GET SHORTY. Hierdie slag probeer die rampokker-sakeman met sy oorweldigende sjarme en geBrylcreemde hare die musiekindustrie kaap… en hy kry dit natuurlik reg met die hulp van pragtige Uma Thurman. Dis een van daardie verwaande, patroniserende, slim Amerikaanse komedies wat verwaand dink hulle is die snaaksste fliek in die heelal. Alhoewel baie mense vir die in-grappies gelag het, het ek met ‘n stroewe gesig gekyk na ‘n klomp selfverheerlikende sterre wat heerlik vir hulle eie grappe lag… maar eintlik is BE COOL omtrent so snaaks soos oupa wat sy toonnaels geknip het en jy moet die mat skoonmaak. BE COOL is beslis ‘n aangeleerde smaak.