BEHIND HER EYES (Reeks)

BEHIND HER EYES (Reeks)

BEHIND HER EYES val so iewers tussen ‘n riller en ‘n Hitchcock-drama. ‘n Meisie word aangestel as ‘n sielkundige se assistent. Gou raak die twee verlief, maar dan besef die assistent dat die sielkundige met die donker oë, getroud is. Dan ontmoet sy die sielkundige se sinistere vrou. Daar begin ‘n vriendskap waarvan die man niks weet nie. Hierdie driehoek raak gevaarlik.

BEHIND HER EYES waarsku: wees getrou aan die persoon met wie jy getrou het. Moenie met die liefde speel of met ander mense se gevoelens nie. En pas op vir ‘n onstabiele vrou wat kan moor.

BEHIND HER EYES is donker, het kinkels in ‘n gewone storie wat voel of dit buite beheer raak, en delf diep in die sielkunde van verhoudings rond. Jy sal raai, ongemaklik raak en jou hand voor jou mond klap.