BORN INTO STRUGGLE

Ja, ek weet luisteraars is keelvol vir plaaslike politieke rolprente oor die apartheidverlede, maar BORN INTO STRUGGLE van Rehad Desai is nie heeltemal so stroef soos die titel voorgee nie. Die rolprentmaker maak eintlik vrede met sy pa, ‘n politieke aktivis wat gesterf het kort na demokrasie. Dit gaan dus meer oor die verhouding tussen ‘n pa en sy seun, albei uitgewekenes, as wat dit vingerwys na die gehoor.