BRIDGET JONES: THE EDGE OF REASON

Die nuwe BRIDGET JONES het pas begin, genaamd BRIDGET JONES: THE EDGE OF REASON. Nou kyk, ek het later gelag dat die lense uit my oë gepop het. Dis nou vir jou ‘n jolige makietie hierdie. Almal vra, is dit beter as sy voorganger. Ek moet erken: vir my was dit beter.

Bridget het uiteindelik die man in haar lewe, Colin Firth gekry, maar dan vra Hugh Grant of sy nog sulke groot bloemers dra… en dis waar die knoop in die kousbroekie kom! Dis gevat, maagseerlag snaaks, dit laat jou goed oor die lewe voel. Ek beveel BRIDGET JONES: THE EDGE OF REASON met Reneé Zellweger, stewige agterstewe en al… aan as die week se lekkerste fliekkapperjolle met 7 uit 10!