Can I Tell You A Secret? (Minireeks)

Can I Tell You A Secret? (Minireeks)

Agtervolgers of stalkers is nie meer nuus nie. In die onthutsende twee episodes van CAN I TELL YOU A SECRET? op Netflix word só ‘n saak tot die uiterste gevoer. ‘n Meisie kry honderde teisterende boodskappe per dag van iemand wat al haar doen en late dophou. Maar erger, die meisie se vriende kry ook onware, nare boodskappe wat haar verhouding met gewone mense onder verdenking plaas. Wie is hierdie geheimsinnige Facebooker met die vals identiteit. En hoekom doen hy of sy dit?

Die dokumentêre minireeks is een episode te lank. Dieselfde inligting word herhaaldelik opgedis voordat die skuldige party ontmasker word. En selfs dan karring dit steeds op dieselfde deuntjie aan. Dis skokkend, en ‘n mens staar verbysterd na wat gebeur, maar later dwaal jou aandag. Kyk daarna as jy wil sien hoe invloedryk en berug sosiale media kan word, maar dit is te lank.