CAPITANI (Reeks)

CAPITANI (Reeks)

‘n 15-jarige meisie word vermoor. ‘n Taai, moenie-met-my-foeter-nie polisieman met ‘n wegstaankuif, ondersoek die saak. Maar, soos gewoonlik in hierdie soort reeks wat bogemiddeld is, gebruik hy ander soort metodes. Hy word nie om die bos gelei nie, en hy steur hom nie aan skurke wat sy aandag wil aftrek nie. Saam met sy kollega ontrafel die aantreklike Capitani, wat die rol sommer so lekker gemaklik speel dat jy alles wat hy sê vir vlatert opeet, die raaisel, maar nie voordat hy sy eie lewe dikwels in gevaar stel nie.