CAPOTE

CAPOTE is gegrond op die temperamentele en veelbesproke skrywer van IN COLD BLOOD se lewensverhaal. Philip Seymour Hoffman het die Oscar gewen as beste akteur vir sy verbysterende realistiese vertolking van TRUMAN CAPOTE. Hierin word uitgebeeld hoe Capote ‘n berig gelees het oor ‘n gruwelmassamoord wat deur twee skurke gepleeg is, en hoe hy hulle storie geskryf het. Sy ondergang was dat hy op een van die twee moordenaars verlief geraak het. Mens gaan kyk CAPOTE vir die weldeurdagte en briljante draaiboek, Philip Seymour Hoffman se vertolking waarin hy Capote se kampgeid en mannerismes knap vasvang en die boeiende styl van die storie. Katherine Keener lewer self ‘n meesterlikie vertolking as Capote se vriendin, Harper Lee, wat TO KILL A MOCKINGBIRD geskryf het. CAPOTE is ‘n grootse ervaring vir kunsfoendies.