CAPTURING THE FRIEDMANS

‘n BAIE skokkende dokumentêr wat al talle pryse gewen het, begin vandag in Johannesburg: CAPTURING THE FRIEDMANS. Dis die ware verhaal van die Friedman-gesin wie se idilliese bestaan vernietig word wanneer die polisie die pa en een van sy seuns arresteer as pedofiele. Die uitwerking wat dit op hulle as gesin en die gemeenskap het, maak van CAPTURING THE FRIEDMANS een van die mees skokkende, briljante en aangrypende dokumentêre prente nog. Nou by die Nouveau-teater in Rosebank, Johannesburg.