CASANOVA

Vandag se grote is CASANOVA met die man van die oomblik, die man wat begin het as tiener-vleispaleis, die man wat sy Australiese aksent moes afleer en wat sy deurbraak gemaak het as Mel Gibson se seun in THE PATRIOT: HEATH LEDGER. Hy vertolk die rol van die wêreld se voorste minnaar, Casanova, en die fliek beeld sy rondborstige en uitspattige avonture uit.

Jy verwag ‘n kielie-my-op-die-regte-plekke-fliek? Dan is CASANOVA nie vir jou nie. Omdat Heath Ledger die hoofrol speel, wil die vervaardigers so veel moontlik tieners trek. En hulle kan dit nie doen as daar te veel gewaagde liefdestonele of naaktheid is nie. Daarom is CASANOVA tienerveilig. Die beperking is niemand onder 10. Dis meer ‘n uitspattige satire as wat dit ‘n romantiese rond-rollery is. Besef dit as jy R38 op ‘n kaartjie spandeer. Dis maar ‘n mak Casanova hierdie.

Omdat die rolprent homself sensuur, verspeel dit sy kanse om ons ‘n insig te gee in die wel en weë van die wêreld se mees berugte minnaar. Jy leer meer oor hoe hy met die regering bots as met die meisies. En ek twyfel of hierdie die ware weergawe van Casanova se berugte lewe is. Dis die veilige slapbandboek-weergawe daarvan. Ja! vir Casanova as jy net na Heath Ledger wil staar. Nee! as jy na ‘n goeie, romantiese rolprent soek. Fellini se weergawe van die avonture van Casanova was baie beter.