City on Fire (Reeks)

City on Fire (Reeks)

Partykeer moet ‘n mens alternatiewe stromingsnetwerke besoek, want daar skuil soms iets buite die gewone, waar jy dit die minste verwag. Apple TV+ se jongste reeks, wat in ‘n ander rigting beweeg as die gewone verdagtes, is CITY ON FIRE. Dis asof die storie met graffiti bespuit is en toe aan die brand gesteek is. Dus mag dit veral in ‘n jonger smaak val.

‘n Meisie word in Central Park vermoor. Sy skakel ‘n punk rock-orkes, ‘n skatryk familie en ‘n bleeksiel aanmekaar. Was een van hulle by die moord betrokke? Die styl is aweregs en koel-man-koel. Dis meer oorspronklik as die alledaagse reekse, en stel uitdagings aan jou om by te hou en sin daaruit te maak. CITY ON FIRE neem ‘n rukkie om aan gewoond te raak.