COACH CARTER

Jy soek nog vermaak, want 2 nuwe flieks is nie genoeg nie? Dan is COACH CARTER die skuim op jou koeldrank. Dis gegrond op die ware verhaal van ‘n basketbal-afrigter wat ‘n verloorderspan in die agterbuurtes oorneem en verander in ‘n wenspan. Daai storie het jy al gesien. Maar wat maak Coach Carter anders? Omdat dié koppige man weier dat sy leerders verder afgerig word tensy hulle skoolwerk verbeter. En dis waar die basketbal die fan tref.

Aan die een kant is COACH CARTER opswepend vermaaklik. Die uitbundige entoesiasme van die seuns en die ystere dissipline van Carter vorm ‘n goeie kombinasie. En, omdat dit op die waarheid gegrond is, is die fliek NIE so voorspelbaar soos jy dink nie. Dit het hart, jy kan gerus saam met jou maters daarna gaan kyk… want dit dien as inspirasie vir enige sportman en veral kinders wat nou aan sport deelneem sal hiervan hou. COACH CARTER met Samuel L. Jacskon, die koelste ou in flieks vandag.