Collateral (Reeks / Netflix)

Collateral (Reeks / Netflix)

Hulle sê wanneer iets as vanselfsprekend aanvaar word, moet die gevaarliggies begin flikker. In die reeks, COLLATERAL, is dit verblydend om ‘n sterk jong vrou vir ‘n verandering te sien as ‘n speurder wat ‘n moordsaak ondersoek. Carey Mulligan speel die rol van ‘n vasberade jong speurder wat haar nie laat onderkry nie. ‘n Jong man lewer ‘n pizza in Londen af. Skaars is die pizza afgelewer of hy word doodgeskiet. Dit blyk dat die moord xenofobies en polities van aard is, maar is die oplossing werklik so eenvoudig?

Wat so gemaklik is van COLLATERAL, is dat daar slegs vier episodes is. Jy kan dit dus op een dag klaarkyk om agter die kap van die byl te kom. Dit is pap-en-braaivleis-vermaak, waarmee bedoel word: dit is doodgewoon. Dis by tye raaiselagtig, alhoewel nie altyd springmielie-pop-sensasioneel nie, en Carey Mulligan is bietjie lig in die stewels vir die rol. COLLATERAL is misleidend gemaklik, want die storie raak vanaf episode drie baie ingewikkeld soos dit ontrafel word.