CRAZY MONKEY: STRAIGHT OUTTA BENONI

Resensente predik al vir jare oor komedies. Ons wil nie meer politiek of ellende sien nie, maar wel satires of lekkerlag-komedies waarin ons vir onsself skaterlag, vra hulle. STRAIGHT OUTTA BENONI met Colin Moss probeer dit gee. Ek het die fliek ongelukkig nog nie gesien nie. Dus moet jy maar self besluit of dit jou na die Oosrand sal lok of nie. My kollegas sê net hulle het die premiere bygewoon en nie een keer geglimlag nie. Wat nie beteken dieselfde sal met jou gebeur nie.