Crooked House (Showmax)

Crooked House (Showmax)

Agatha Christie is seker die skrywer wie se boeke die meeste verfilm is. CROOKED HOUSE is een van haar minder bekende werke. ‘n Slim en charismatiese speurder, knap uitgebeeld deur Max Irons, kom te staan voor, wat beskryf word as ‘n Christie-storie met die meeste kinkels nog in. Dalk bietjie vergesog, maar wie sal met tannie Agatha stry?

Die speurder beland in ‘n kasarm van ‘n huis met reuse trappe waarby Glenn Close dikwels grasieus afbeweeg. Die speurder se voormalige meisie se oupa is pas vermoor. Wie het dit gedoen? Hy kry natuurlik die een vals leidraad na die ander, en nes jy gedink het jy het dit uitgepluis, draai die moordstorie weer in ‘n ander rigting.

Die uiteinde sal selfs geharde Christie-bewonderaars onderstebo slaan. CROOKED HOUSE is 2 ure se speurplesier as jy vir ‘n verandering ‘n goeie storie wil sien, en nie net motors wat in robotte verander nie.