DON’T MOVE

Die kunsprent DON’T MOVE was werklik ‘n teleurstelling. ‘n Dokter moet op sy eie dogter opereer en onthou sy buite-egtelike verhouding met ‘n beeldskone vrou, gespeel deur Penelope Cruz. Die fliek word ‘n soort boetedoening en belydenis. Dis suiwer sepie-vermaak met mooi mense wat baie lelike dinge doen. Seks en taalgebruik kan aanstoot gee. As ek jy is, gaan kyk ek liewer weer na LADIES IN LAVENDER as DON’T MOVE se pretensie. En so van LADIES IN LAVENDER gepraat, dit lyk asof dit die gewildste kunsprent van die jaar gaan wees. Gehore gee dikwels applous as dit verby is. Gaan kyk.