Downton Abbey: A New Era

Downton Abbey: A New Era

Jy moet reeds tee saam met die Crawley-gesin gedrink het om DOWNTON ABBEY: AN NEW ERA te waardeer. Liewe genade, vra jy seker. Die TV-reeks is vir jare gebeeldsend, toe is daar ‘n fliek. Is daar sowaar nog ‘n storie oor?

Moenie jou misgis nie. Die Crawleys verras telkens met nuwe intriges. Dié slag word kameras in Downton Abbey toegelaat, kan jy dit glo, wanneer ‘n fliek daar geskiet word en die stywe lippe, moesiemondjie daaroor trek. En daar is ‘n lekker verbode liefdesverhaal uit die verlede, waarby Maggie Smith as Violet betrokke was. Die kasteel is steeds die hoofkarakter en die kamera raak skoon verlief daarop, en op die reuse-denneboom. Maar dis die eksentrieke karakters, op die onderste verdieping en in die luukse herehuis, wat aandag trek.

Jy moet jou oorgee aan Downton Abbey, veral as jy van formele Britse periodedramas hou, maar onthou: jy moet die voorkennis van die reeks en eerste fliek hê.