EAGER BODIES

EAGER BODIES gaan NIE oor ‘n klomp mense wie se lywe beskikbaar en baie gewillig is nie. ‘n Jong vrou ontdek sy’t longkanker. Sy raak bedruk en verdink haar kêrel van ‘n verhouding. EAGER BODIES wys stelselmatig hoe sy die enigste bietjie geluk wat sy nog het vernietig. Dis ‘n uiters neerdrukkende en ontstellende fliek en is hoegenaamd nie die gelukkige sekskapades wat die plakkaat belowe nie, alhoewel seks, maar in pynlike vorm, voorkom. EAGER BODIES begin vandag net in Kaapstad en kry 7 uit 10 omdat dit so ‘n realistiese uitbeelding van smart is, maar is nie vermaak nie. (16)