Earth at Night in Colour (Reeks)

Earth at Night in Colour (Reeks)

EARTH AT NIGHT IN COLOUR op Apple TV+ is vir almal wat intens in die gewoontes van Afrika- en ander diere belangstel. Dit gebruik vooraanstaande kamerategnieke waar kineatograwe in die donker verfilm wat dit laat lyk asof dit in daglig gedoen is, en boonop is dit in kleur. Dis glo die eerste keer dat dit gedoen is vir ‘n televisiereeks. Jy sien die raarste tonele wat ooit op kamera vasgelê is oor luiperds, Asië se spookapies, bere, kangeroes, vuurvliegies en paddas. EARTH AT NIGHT IN COLOUR is ‘n weergalose blik op dieregewoontes ná donker wat selde indien ooit tevore gewys is.