EIGHT BELOW

Die kinders sal groot plesier in EIGHT BELOW kry. Dis die ware verhaal van ‘n honde-afrigter in Antartika wat sy Huskies in ‘n sneeustorm moet agterlaat en vir sy lewe moet vlug. Hoe gaan die brakke aan die lewe bly in die ysige toestande? EIGHT BELOW is ‘n besielende ervaring veral as jy van honde hou. En as ma voel sy wil nie langs pa sit terwyl hy rondskuif in Basic Instinct 2 nie, sal PAUL WALKER jou besiel as die honde hom nie op ‘n slee rondtrek nie. EIGHT BELOW is vir die hele gesin, maar daar is een toneel met ‘n seeleeu wat mens lelik laat skrik.