Elton John Live: Farewell from Dodger Stadium (Disney+)

Elton John Live: Farewell from Dodger Stadium (Disney+)

Met die feesseisoen wat aangebreek het, is dit gepas om jou brein af te skakel en soms net na ‘n skouspel te staar sonder om te dink. Disney+ bied nou Elton John se afskeidskonsert, en sy laaste optrede in die Dodgerstadion in Los Angeles aan, wat regstreeks opgeneem is.

Alhoewel miskien selfs die mees geharde Elton John-aanhanger nie al hierdie liedjies sal ken nie, beweeg hy in die tweede helfte meer na sy bekendste treffers soos Rocketman, Goodbye Yellow Brick Road en I’m Still Standing. Dis ‘n oorweldigende produksie van 3 ure lank, dus kan jy maar ‘n ruskansie tussenin vat.

Dit begin met verskeie bekendes soos president Joe Biden, Prins Harry en Meghan Markle op hulle mees glansryke en Tim Rice wat hulde bring aan Elton. Dan, met swiepende kameras, ‘n oorweldigende klanksisteem en Elton John wat so vinnig beweeg en speel as wat sy 75 jaar en heupvervanging hom toelaat, luister en kyk ons na sy musiek. Neem deel aan die skouspel.