Encanto

Encanto

ENCANTO het van die mooiste en mees realistiese tekeninge in vanjaar se animasie-oes. Wat maak dié storie anders? Dit gaan oor gesinsbande en om tevrede wees met wat jy het. Die rolpent speel in Colombië af. Jong meisie besef sy is die enigste in haar familie wat nie oor superkragte beskik nie. Dit maak haar ‘n buitestander. Kan sy dalk superkragte aanleer?

ENCANTO is kleurvol, en jou oë verdwaal en smeer in die malse kleure. Elke raampie is vol mense met krabbelvriendelike tradisionele uitrustings. Of jy sien die oerwoud vol eksotiese plante, of die binnekant van ‘n reuse towerhuis. Net daarvoor alleen sou ek dit aanbeveel. Ook omdat die storie nuwe draaie gooi en nie die gewone singende diertjies bevat wat liedjies aanhoudend uitbasuin nie. Dis nogal ernstig.