Expats (Reeks)

Expats (Reeks)

EXPATS op Prime Video met Nicole Kidman betrap jou onverhoeds. As daar ‘n beskrywing is wat Suid-Afrikaners goed ken, veral dié wat onlangs in Australië was, is dit expats. Maar in hierdie reeks word die saak verder gevoer. Nicole Kidman speel ‘n vrou met drie kinders, wie se Sjinese man in Hongkong werk. Wanneer hy aankondig dat hy vir nog ‘n jaar daar wil aanbly, raak sy die kluts kwyt. Sy verstaan nie die Hongkong se kultuur nie, en wil nie langer daar woon nie. Maar daar het nog iets gebeur wat ‘n mens nie wil verklap nie, wat haar verder aanmoedig om uit die stad  pad te gee. Episode 1 sal jou aanvanklik verwar, want daar is baie onbeantwoorde vrae. Maar al die vrae word in episode 2 beantwoord. ‘n Mens sou verkies het dat die twee episodes omgeruil is, maar as jy episode 1 gesien het, beteken episode 2 meer. EXPATS is heeltemal anders is as die gewone TV-reeks oor ‘n Harlan Coben-storie. Sterk aanbeveel.