FACING WINDOWS

FACING WINDOWS is ‘n rare fliek, maar dis baie meer sexy as SUSPECT ZERO. Hulle sê mos mense wat trou kry die sogenaamde “Seven Year Itch”, en soms begin van hulle rondloop. Dis wat met ‘n mooi meisie gebeur wanneer sy deur haar woonstelvenster kyk hoe ‘n aantreklike man van sy klere ontslae raak. Dan trek ‘n geheimsinnige oubaas in hul woonstel in.

FACING WINDOWS is net reg as jy bietjie amoreus of romanties voel op die oomblik, want dis gemaak vir die vouyeur: mense wat graag koekeloer. Dis melodramaties maar nie so dat jy daarin verstik nie. Dis soos om ‘n sjokoladedoos persent te kry, maar jy hou net van helfte van die lekkernye. Jy kan jou dus nie ooreet nie. Dis atmosferies, beeldskoon om na te kyk en het nogal ‘n hartseer invloed op ‘n mens. FACING WINDOWS is in Italiaans met onderskrifte en kry 6 uit 10.