Five Days (Reeks)

Five Days (Reeks)

FIVE DAYS het teleurgestel. Jy sal baie van Downton Abbey se akteurs hierin sien voordat daardie reeks geskiet is, soos Penelope Wilton en Hugh Bonneville. Dít maak die reeks interessant om te sien hoe hulle ontwikkel het, maar die storie is raar, maar onwaar. ‘n Vrou, haar twee kinders en ‘n hond, verdwyn spoorloos. Die polisie se ondersoek struikel en joernaliste snuffel die meeste geheime uit. Daar is ‘n oormaat karakters waarvan elkeen se storie die bredie afwater. Mens skud jou kop en sê: “Rêrig!?” En sodra ‘n reeks té vergesog raak en met jou logika smokkel, wonder jy of jy nie na iets beter kon gekyk het nie. FIVE DAYS sou Agatha Christie haar kop laat skud het met ‘n: “Ag nee wat skat, probeer weer.”