FOUR BROTHERS

John Singleton wat BOYZ N THE HOOD gemaak het, is die regisseur en hy draai geen doekies om nie. Dramatiese aksie, weerwraak, skietgevegte, bakleiery maar ook bloedbroederskap vier hoogty in FOUR BROTHERS. Dis ook een van die week se beter rolprente en daar is subteks in die geweld en betekenis in die taai gevegte. 4 BROTHERS as jy ‘n hardebaardflieker is.