Gaia

Gaia

GAIA is een van die vreemdste flieks nóg in Afrikaans. Ek noem dit kos vir die brein, maar hierdie kos bestaan uit gruwelike lewendige organisme sampioene en ander rare goeters. Daar is ook ‘n grieselrige kreatuur wat toeslaan op ‘n bosbouer, en ‘n man wat die kluts kwytgeraak. Voeg by sy seun (briljant gespeel deur Alex van Dyk) en jy het vreemde mense saam.

Gaia is die Griekse godin van die aarde, en in hierdie Suid-Afrikaanse film deur Jaco Bouwer, neem die natuur wraak op die mens wat haar so misbruik het. Daar is grusame en ontstellende, selfs surrealistiese tonele. Jy moet dus in die bui wees vir GAIA en jou oorgee aan die rare, wrede en eksentrieke gebeure. Dis vir ‘n uitgesoekte smaak wat dit sal verorber, maar ander mense sal vra… wat de duiwel?

GAIA is enig in sy soort in Afrikaans.