Glitch (Reeks / Netflix)

Glitch (Reeks / Netflix)

Ja-nee kyk! Wetenskapfiksie kan buitensporig vermaaklik wees, want dié klompie kom mos met alles weg. Maar die vraag is: sal jy hulle aanhou glo? GLITCH stel eise aan jou logika, maar as jy jou gesonde verstand eers op “cruise control” gesit het, en alles vir soetkoek opeet, mag jy die reeks opwindend vind.

Iets loop op ‘n stil dorpie in Australië verkeerd. ‘n Paar mense wat dood was, maak hulle verskeyning en kom soek na die booswigte wat hulle vermoor het. Dit klink dalk grieselrig, maar GLITCH maak… nou ja, prikkelende karakters van die oorledenes. En hulle lyk darem heel aanvaarbaar nadat hulle gestort het. Die vraag is net: presies wat is aan die gang?

As dit jou prikkel, mag jy al drie reekse van GLITCH geniet. Dis anders, vol verrassings en raak hoe later, hoe kwater. Probeer dit. Aanvanklik mag jy dink: wat het ons hier? Maar na ‘n paar minute sal jy uitvind presies wat hét ons hier.