GREEN STREET HOOLIGANS

Dis ‘n uiters gewelddadige fliek. Die titel waarsku dat dit ‘n taai en dramatiese rolprent is: GREEN STREET HOOLIGANS. Dit gaan oor ‘n student in joernalistiek, THE LORD OF THE RINGS se ELIJAH WOOD wat tussen ‘n klomp sokker-skobbejakke beland. ‘n Bende-oorlog breek uit wat tot boewery lei. En die manne klim lelik onder mekaar in. GREEN STREET HOOLIGANS gaan ook oor die korrupering van onskuld, misplaaste broederskap en boewery. Dis die mees gewelddadige film sedert FIGHT CLUB wat nog hier uitgereik is. Die geweld is realisties en strak. Moet dus nie ‘n videospeletjie vol gehoorvriendelike gevegte verwag nie.

GREEN STREET HOOLIGANS is wreed en baie taai. Dit kyk ook na massahisterie en hoe ‘n klomp sokkergeesdriftiges mekaar tot boewery kan opsweep. Charlie Hunnam speel die rol van ‘n laitie wat te alle koste tot die sokkerfamilie wil behoort en enigiets sal opoffer om as een van die manne gesien te word. GREEN STREET HOOLIGANS is puik, maar uiters gewelddadig en ontstellend.