Guillermo del Toro’s Cabinet of Curiosities (Reeks / Netflix)

Guillermo del Toro’s Cabinet of Curiosities (Reeks / Netflix)

Laat ons hierdie een sommer vinnig soos ‘n ui afskil. Moenie dat die grieselrige lokprent van GUILLERMO DEL TORRO’S CABINET OF CURIOSITIES jou lok nie, selfs al kom dit van die beroemde regisseur van Nightmare Alley en Hellboy. Del Torro probeer agt grillerige verhale vertel, wat glo anders as die gewone riller is. Maar ai, dis so vergesog en oordrewe, dat ‘n mens, selfs vir ‘n riller, nie daarin glo nie. Jou nekhare staan nooit orent nie. En dis boonop so belaglik, dat jy soms lag. Hierdie kas moes liewer gesluit gebly het. Moenie jou tyd mors nie.