HAPPY ENDINGS

Soos CRASH kyk HAPPY ENDINGS na die lewe van verskeie mense wat oorvleuel. Dis ‘n dramatiese, onthutsende fliek en gaan onder andere oor ‘n meisie (Lisa Kudrow) wat ‘n buite-egtelike kind gehad het. ‘n Slonserige dokumentêre fliekmaker, Jesse Bradford, pers haar af. Die fliek laat jou regop sit van ontsteltenis by tye, maar is darem nie so emosioneel skokkend soos CRASH nie. Dis ook nie heeltemal so goed nie, dus moenie CRASH verwag nie. Dit gaan oor selfsug, oor geheime uit jou verlede wat jou een of ander tyd inhaal, en is UITSLUITLIK gerig op mense wat van kunsflieks hou. Sekere temas en tonele kan dalk aanstoot gee. Maar dit val Hollywood se beheptheid met gelukkige eindes aan, wat ‘n aanduiding gee dat die fliek se titel ironies is. HAPPY ENDINGS sal jou laat dink en kan ontstel.