Harry & Meghan: The Complete Story (Reeks / Netflix)

Harry & Meghan: The Complete Story (Reeks / Netflix)

Almal praat daaroor. Almal gis daaroor. Die koninklike familie is die duiwel in. ‘n Mens weet nie of Harry en koning Charles, of Harry en sy broer William ooit weer met mekaar sal praat nie. Maar HARRY & MEGHAN: THE COMPLETE STORY het die wêreld aan die gons. Die vraag is: Sê die glanspaartjie, dalk die bekendste paartjie in die wêreld, regtig iets nuuts?

Wat my betref, het HARRY & MEGHAN: THE COMPLETE STORY se hele storie heeltemal opgeraak. Daar is min wat ons nog nie weet nie. En Meghan, wat kla dat sy nie geweet het hoe om voor die koningin te buig nie, of wat Kate wou omhels want sy is ‘n sogenaamde “hugger” – rêrig? Is dit nou nuus? Of voer hulle ons soos hulle die paparazzi voer? Met brokkies inligting wat telkens op ‘n ander manier opgedis word. Hoe vervelig kan ‘n mens raak?

Miskien sal jy ‘n paar nuwe verwikkelinge wys word in HARRY & MEGHAN: THE COMPLETE STORY. Soos wie is die sogenaamde rassis in die palei is, en wat bedoel Meghan met sy is vir die wolwe gegooi? Dis een moewiese kabaal oor eintlik niks. Mev. Windsor moet haar ‘n bietjie aan ons beurtkragskedule kom onderwerp as sy regtig oor iets wil kla, of die slaggate in paaie probeer misry. Ai, mens kry die papparazzikos-paartjie só jammer. En as Meghan nog een keer haar haredos agter haar oor insteek…