HITCH

Die grote wat vandag in 80 teaters begin is HITCH met Will Smith. “Ja, jong.” Sê julle seker. “Jy gaan dit seker weer haat, want dit vermaak en probeer niks meer wees nie.” Kan ek julle gerusstel? Ek was DOL daaroor. Want daar is niks so dinamies soos ‘n fliek wat jou van die buitewêreld laat vergeet nie. As die baas jou gister die joos ingemaak het en jy voel jy kan skroewe kou en staal insluk, sal HITCH jou tone kielie.

Dit gaan oor ‘n LIEFDESDOKTER wat romanse ontwerp het. Hitch is sjarmante paloeka wat ouens oplei in die kuns van romanse. Hoe gemaak as jy nie die vrou van jou drome kan kry nie en jy lyk na een van Picasso se skilderye uit sy kubus-periode of Munch se SCREAM? Gaan strek uit op Dr. Hitch se rusbank en hy sal jou presies vertel waar Dawid se liefdeswortels is.

Nou kyk, jy gil van die lag, maar dis nie die histeriese, lelike lag wat jy in kommen of donker komedies kry wat jou sooibrand gee nie. Dis ‘n gemaklike uit jou maag lag, jou pel in die sy pomp en kommentaar soos: “Heng, broer, dis nou koel, hoor!” HITCH is absoluut op vermaak ingestel. Taalgebruik kan mense pla, maar jy mag: dis R35 werd.