Hocus Pocus 2 (Disney+)

Hocus Pocus 2 (Disney+)

Dit was jou waarlikwaar Disney+ se gewildste rolprent sedert hulle ontstaan. En dit boer nog in die top 5. HOCUS POCUS 2. Nou waar het jy daai titel al gehoor? Dis die vervolg op ‘n komedie oor drie liewe heksies van 30 jaar gelede. Dié slag keer hulle uit ‘n ander wêreld terug om drie moderne meisies, wat eintlik nes hulle is, te inspireer. Natuurlik is dié drie spieëlbeelde van mekaar, net in ‘n jonger gedaante.

HOCUS POCUS 2 is nogal regtig besonder vermaaklik, veral die danstonele. En om Bette Midler, wat lank afwesig was van ons skerms, weer te sien, is reeds jou tyd werd. Gil, giggel en geniet HOCUS POCUS 2. Dis meer  vermaaklik as wat dit klink.