HOUSE OF FLYING DAGGERS

Nie lus om in ‘n fliek in ‘n vliegtuig saam met ‘n groep onvriendelike bemanning en passasiers saamgehok te sit nie? Dan kan jy grasieus deur die lug vlieg saam met HOUSE OF FLYING DAGGERS. Daarvoor het jy geen kragtige motore nodig nie, net spesiale effekte en bamboesstokke! HOUSE OF FLYING DAGGERS herinner aan CROUCHING TIGER, HIDDEN DRAGON, en die fliek se trefkrag lê in sy ongelooflike visuele skoonheid en sy kunstige, grasieuse gevegstonele. Dit speel af in China in die jaar 859. Onrus en korrupsie vier hoogty. Twee kapteins probeer die nuwe leier van die regering ontvoer. Dan raak hulle verlief op ‘n blinde revolusionêre meisie. En as jy gedink het jy het oë nodig om skurke se kakebene af te skop, dink weer. Die spel met lig en kleur, die grasie van dodelike gevegsbewegings en die boeiende storie behoort liefhebbers van kunsflieks te fassineer. Dit word beslis aanbeveel vir kunsfoendies wat van uitdagende, oorspronklike en inspirerende vermaak hou soos mens selde te siene kry. HOUSE OF FLYING DAGGERS.