Hypnotic

Hypnotic

Hipnoterapie is ‘n uitstekende genesingsterapie, en het baie mense reeds genees van trauma, fobies en slapeloosheid, om maar enkele probleme te noem. Maar steeds bly sommige mense versigtig en maak verhooghipnose die kuns dikwels so snaaks soos ‘n tante wat op ‘n piesangskil gly en haar lipstiffie smeer.

En ná die Netflix-rolprent HYPNOTIC sal daar meer skeptiese kykers wees. Ongelukkig word die hipnoterapie-tegnieke in die draaiboek misbruik, en skep dit dikwels ‘n vals indruk bloot vir effek.

In HYPNOTIC word daar met ‘n stereotipe, vals hipnoterapeut gewerk wat al sy fantasieë op sy pasiënte uitleef. Dis amateuragtig en styf gedoen, en so sepierig geskryf, jy wil skottelgoed daarmee was. Jy glo nie ‘n woord nie, want dit raak vergesog. Weet net, HYPNOTIC mag soms ‘n titseltjie vermaaklik wees, maar dit speel met vuur.