I CARE A LOT

I CARE A LOT

Hier is ‘n slim fliek wat jou verdwaas laat. Watter slim  brein het dit uitgedink? Met I CARE A LOT op Netflix sit jy nadese verbysterd. Wanneer het jy laas so ‘n goeie storie gesien? Dis ‘n volbloedstorie waar die een toneel meer verrassend as die ander is.

Al lyk die titel doodgewoon, dis seker die lekkerste, slimste storie van die jaar. Soos die een wat jy dwarsdeur die nag lees as dit ‘n roman is, en dit nie kan eersit nie. Rosamunde Pike van Gone Girl gee voor dat sy vir ou mense sorg. Sy verwyder hulle uit hulle huise, neem hulle na ‘n tehuis, vervals hulle testamente, verkoop hulle huise en vat die geld. Tot sy haar eendag vasloop met Dianne Wiest se karakter. Die knikke en knakke waardeur hierdie spoedkarretjie hol, sal jou telkens laat hik.