ICE AGE 2

ICE AGE 2 is die jolige vervolg op die oorspronklike ICE AGE waar ‘n klomp diere geteister word deur die verandering in klimaat gedurende die ystydperk. Wat die oorspronklike fliek so goed gemaak het, was die feit dat kinders meer oor die natuur en evolusie geleer het terwyl hulle vermaak is. Dit was ‘n natuurvriendelikie fliek vir meer as net diereliefhebbers en ook ouers het tougestaan daarvoor.

Ek gaan nie te veel oor die vervolg verklap nie, behalwe om te sê dat die diere weer voor ‘n krisis te staan kom, en dat hulle dit, soos gewoonlik, met paniek, humor en sjarme oorkom. Jy kan die kleintjies by die teater aflaai, of jy kan saamgaan! Maar sorg dat jy by ICE AGE 2 uitkom!