IMAGINARY HEROES

‘n Redelike taai fliek, IMAGINARY HEROES begin ook vandag. Dis nié op vermaak ingestel nie, maar ondersoek die trauma waardeur ‘n middelklas-familie gaan wanneer hul oudste seun selfmoord pleeg. Sy jonger boetie erken dat sy ouer broer hom geboelie het. En een na die ander tuimel geraamtes uit die kas. IMAGINARY HEROES is ‘n ernstige drama met Sigourney Weaver van ALIEN-faam en Emile Hirsch van LORDS OF DOGTOW in die hoofrolle. Dis ‘n TAWWE en LANG sit, en nie almal sal daarvan hou nie. Maar dis glad nie ‘n slegte fliek nie.
Dis soos ORDINARY PEOPLE en THE ICE STORM met ‘n snapsie AMERICAN BEAUTY in, alhoewel die fliek nooit dieselfde standaard bereik nie. IMAGINARY HEROES is stadig, vol wroeging en boonop dramaties, dus net as jy van kunsflieks met ‘n treffende boodskap hou. Dit sal beslis nie in almal se smaak val nie. IMAGINARY HEROES.