INNOCENT VOICES

INNOCENT VOICES is op die waarheid gegrond en speel in El Salvador af. ‘n Burgeroorlog breek uit. Seuns word deur die weermag ontvoer om aan die oorlog deel te neem teen hulle sin. ‘n Ma probeer haar 12-jarige seun van die regerings-magte wegsteek. Sy oorgang van onskuldige seun wat in ‘n burgeroorlog vasgevang is tot 12-jarige man met hardebaard is die tema van INNOCENT VOICES. Omdat Oktober die stiefmaand is waar verspreiders al die lamlendige flieks aflaai wat nie die moeite werd is nie, is INNOCENT VOICES soos ‘n vars briesie in ‘n openbare stasiebadkamer. Dis in Spaans met Engelse byskrifte, maar sal jou deur ander oë na die jeug laat kyk.