INSIDE MAN

INSIDE MAN val nie in dieselfde kategorie nie. Dis ‘n rowwe fliek deur Spike Lee, daardie veelbesproke regisseur wat soveel rolprente oor rassisme in die verlede gemaak het. Die slag gaan sy rolprent oor ‘n taai speurder, Denzel Washington, wat kragte meet met ‘n slinkse bankrower, Clive Owen. Die scenario voltrek hom teen die agtergrond van ‘n ontvoering. Jodie Foster speel teenoor hulle.