Inventing Anna (Reeks)

Inventing Anna (Reeks)

Die Netflix-reeks, INVENTING ANNA is gegrond op ‘n waarheid só vergesog, jy gryp na vlugsout. Dit sal jou na jou asem laat snak. Dis doodeenvoudig ongelooflik, maar grootliks waar.

Dit lewer kritiek op superrykes wat so vol van hulleself raak en selftevrede met hulle rykdom is, dat hulle tjop-tjop deur ‘n klein swendelaar mislei is. Sy het talle miljardêrs om haar pinkie gedraai en hulle uit miljarde geswendel. Julia Garner is briljant as die kamtige erfgenaam van $60-miljoen, wat haar pad oopgelieg en bedrieg het en in die tronk beland daaroor.

Jy sal oopmond staar na haar luukse gewoontes, haar leuens en haar oëverblindery. Maar jy sal jou ook  verstom oor hoe geldbase soos domino’s  vir haar geval het.