LAND OF THE DEAD

Hier’s weer een van daai koel, gewelddadige flieks soos ASSAULT ON PRECINCT 13 waar woeste ouens ylings voor zombies uitvlug en kwaai neisies been wys voor hulle ‘n man se tjank aftrap. Die fliek heet LAND OF THE DEAD en is ‘n onoffisiële vervolg op George Romero se NIGHT OF THE LIVING DEAD en DAWN OF THE DEAD van die 70-er jare. ‘n Klomp zombies bly op ‘n eiland en word deur water van die res van New York geskei. Wat gebeur as die moorddadige spulletjie leer om te swem?

Jy gaan die volgende kry as jy gaan kyk: tonele van kannibalisme, zombies wat met stokstywe arms kamera toe strompel, aantreklike vleispaleise wat hul bieseps teen gierige tande beskerm en koel chicks wat die duiwel uit die zombies skop. Dis eintlik ‘n geweld-suigstokkie vol spesiale bloederige effekte, nie ‘n fliek nie. En as jy nog uit die jare 60 dateer en jy verlang na daardie woeste zombie-flieks – hierdie een het nie daardie sjarme (as mens daardie woord kan gebruik!) of die koel-element nie. Dink goed oor LAND OF THE DEAD met SIMON BAKER.