Landscapers (Minireeks / Showmax)

Landscapers (Minireeks / Showmax)

Hier is nou ‘n rare storie. Wat werklik gebeur, is beslis meer verbluffend as wat ‘n skrywer kan optower. ‘n Doodgewone oom en tannie in Brittanje vermoor haar ouers. Hulle word tronkstraf van 25 jaar elk opgelê. Maar wat is die storie agter die storie? LANDSCAPERS vertel hulle verstommende verhaal.

Die eerste twee episodes is doodgewoon, en wys net wat gebeur het. Maar wag vir episode 3… Die ergste is: Susan Edwards (Olivia Colman haar speel manjifiek) se ouers se bure het gesien hoe haar man twee diep grafte in die agterplaas grawe, maar het nie gedink dis buitengewoon nie!

Op bedaarde, maar deeglike wyse vors die reeks die bisarre gebeure na, en wys hoe die twee se verslawing aan fliek hulle deur 15 jaar se teistering deur hulle gewetes gehelp het, voor hul aangekeer is.

LANDSCAPERS verwys natuurlik na die feit dat hulle struike bo-op die grafte geplant het.