LAST HOLIDAY

‘n Fliek wat met sy hart op sy opgepofte mou loop, vol warmte en simpatie is LAST HOLIDAY van Queen Latifah. Sy is ‘n fenomeen en ‘n formidabele dame om Lizz Meiring aan te haal. Sy is dié koningin sonder ‘n kroon. Sy het as rap-sangeres begin, was in die moeilikheid met die gereg oor haar warm humeur. Toe kry sy rolle in rolprente, veroorsaak ‘n sensasie as Big Momma in CHICAGO! En promoveer na rolle soos die sagmoedige vrou wat hoor sy het net 3 weke oor om te leef in LAST HOLIDAY.

Daarom kan jy die titel ernstig opneem. Dit beteken dat ‘n vrou al haar besittings blaas op ‘n laaste eksotiese vakansie omdat sy binnekort gaan sterf. Die vraag is: doen sy werklik die regte ding? Jy kyk Queen Latifah so en vra jouself: “Is dit die regte fliek vir my?” Waag ‘n kans. Skop hoog op en gaan kyk na iets anders. Soms kry ‘n mens die beste verrassings as jy aan die diep kant inspring en probeer swem, selfs al het jy nooit geleer hoe nie.

Die fliek herinner aan PRETTY WOMAN, want dit gaan weer oor die lelike eendjie wat ‘n swaan word, die verloorder wat ‘n wenner word. LAST HOLIDAY jou hart kielie op plekke wat jy nie geweet het bestaan nie. Dit sal jou senuwees pamperlang en jou in die regte stemming plaas vir die vakansie. Bewys jouself ‘n guns en probeer LAST HOLIDAY. Dis die lekkerste fliek van die week. Een van daai romantiese komedie-tragedies wat jou laat voel: die lewe is nie so sleg nie. En daar is nog goeie mense oor.