LEMONY SNICKET’S A SERIES OF UNFORTUNATE EVENTS

As jou kleingoed sê “ag nee ma. Pooh’s Heffalump is darem te kinderagtig!” Stuur hulle na LEMONY SNICKET’S A SERIES OF UNFORTUNATE EVENTS toe. Maar weet net. Al sê die publikasieraad kinders moet deur volwassenes vergesel word, het ek ander raad. Die ou heel kleintjies onder 10 kan baie bang word. LEMONY SNICKET val in die HARRY POTTER-kategorie van donker, soms skrikwekkende kindervermaak. Die kinders kry baie swaar, dis NIE ‘n tradisionele kindersprokie nie en het nie noodwendig ‘n gelukkige einde nie. WEET net waarheen jy jou pikkies stuur as hulle gaan. LEMONY SNICKET gaan oor die wrede Graaf Olaf wat twee weeskinders onder sy vlerk neem nadat hul ouers in ‘n brand gesterf het. Hy probeer hulle vermoor sodat hy hul erfporsies kan kry. En hulle besluit om te vlug. Jim Carrey speel die rol waarin sy gesig weer gomlastiek word en sy oë soos albasters rondrol. Dis donker maar boeiend… LEMONY SNICKET’S A SERIES OF UNFORTUNATE EVENTS alleenlik as jou kinders van donker onheilsprente hou.