LITTLE MANHATTAN

Lus vir ‘n onskuldige romantiese komedie vir die hele gesin, in die plek van die geforseerde NUMBER 10? Dan is LITTLE MANHATTAN vir jou. Dit gaan oor 2 kinders wat in New York op mekaar verliefraak. Die twee snuiters se liefde blom in die stad wat nooit gaan slaap nie en is ‘n viering van onskuld en die grootsheid van New York. Maar die reuse-stad verdwerg nooit die intimiteit van die onskuldige verhouding nie. LITTLE MANHATTAN is in die kol as jy die gesin na ‘n fliek toe wil neem waar daar geen gevloek, gekafoefel of steurende tonele is nie.