Love & Death (Reeks / Showmax)

Love & Death (Reeks / Showmax)

LOVE & DEATH op Showmax is een van die mees omstrede, én gewilde, reekse van 2023. Die ware verhaal van Candy Montgomery, wat skynbaar haar beste vriendin, Betty Gore, in 1980 in Texas met ‘n byl doodgekap het, is nou oorgedoen. Die reeks CANDY het die storie al tevore vertel, maar David E. Kelley vertel dit weer in LOVE & DEATH, maar met nuwe feite wat aan die lig gekom het. Candy het ‘n verhouding met Betty se bleeksiel man (uitmuntend gespeel deur Jesse Plemons) gehad.

Eers word die aanloop tot die moord, die buite-egtelike verhouding, en die arrestasie uitgebeeld. Daarna die dramatiese hofsaak. Glo my, jy sal vir sewe episodes lank vraatkyk. Dis verslawend, en dis ‘n ware gebeurtenis. Elizabeth Olsen lewer ‘n kragtoer as die koeksister-tannie, Candy, en haar bloedige eskapades. Jy sal nooit weer op dieselfde manier na ‘n byl kyk nie.