Love Life (Reeks / Showmax)
Love Life

Love Life (Reeks / Showmax)

Ek het eers nie van LOVE LILFE gehou nie. Anna Kendrick het te veel maniërismes gehad. Maar om ‘n anglisisme te gebruik, sy groei op ‘n mens. Elke episode handel oor ‘n ander kêrel wat ons heldin, Darby, gehad het. Soms kry een kêrel twee episodes. ‘n Verteller ontleed hoe die arme muurblom sukkel om die regte man te kry. Maar presies wat is die regte man? Hoe lyk hy? Watter eienskappe moet hy hê? En is ‘n doodgewone ou nie dalk die beste uitweg nie?

As jy tans worstel met ‘n keuse: wie is die regte meisie of ou vir my, mag jy aanklank vind by LOVE LIFE. Let net op vloekwoorde en sekstonele. Darby lag vir haarself, maar sy is so lomp en maak soveel foute, dat ‘n mens wil sê: “Meisiekind, Kry jou lewe in orde!” Jy sal lag, kopskud, identifiseer en dalk besef: jou lewensmaat is die regte een.